Testimonials

CANDLEWOODS BOUTIQUE VENUE

“Ek wil uit my hart uit se baie dankie vir 'n onvergeetlike aand. Die gaste kan nie uitgepraat raak nie en ek weet so twee of drie kom hulle funksie ook daar hou, ek het klaar julle besonderhede uitgegee (gedink julle sal nie omgee nie).”

 

Dit was a magical aand!!!

 

Zuanda Reid (40ste Verjaardag)

“Dit was ‘n goeie ondervinding om Marike en Willem se troue daar by julle te hê. Ons is nie ‘n dag spyt oor ons besluit om dit daar te hou nie.”

 

Pieter Botha (Pa van Bruid – Marike & Willem)

“Dankie vir al julle moeite met ons troue – ons het vreeslike goeie terugvoer ontvang van die mooi venue en die heerlike kos.”

 

Tanya & Adriaan

“Ons wil net vreeslik dankie sê vir die wonderlikste diens wat julle vir ons gelewer het. Alles was perfek gewees. Baie dankie vir al julle moeite om ons die hele tyd te akkommodeer. Ons het die dag so baie geniet, net te vinnig verby gegaan. Will dit alles oor hê (“,). Die kos was heerlik, die mense het lekker geëet en gekuier. Ek kan nie genoeg vir julle almal dankie sê nie. ”

 

Tanya & Werner

“Ek wil net weereens dankie sê vir al julle moeite Saterdagaand. Ons is baie tevrede en het ‘n ‘blast’ gehad. Die komplimente stroom in en almal het heerlik geëet (wat die belangrikste vir my was) en gekuier.”

 

Nadene Venter (40ste Verjaardag)

“I just wanted to say thank you again for your wonderful work, help and all your efforts and time for yesterday’s shoot. It exceeded all my expectations and I hope you will like the photos.”

 

Melanie Wessels Photography

“Johann and I feel Candlewoods was the perfect setting for our special day and thank you for all your assistance.”

 

Megan & Johann

“We would like to express our gratitude once again for accommodating us at your venue. We all enjoyed it thoroughly.”

 

Keabetswe Modimogale (Ladies High-Tea)

“Julle was AWESOMELY AMAZING, baie dankie! Geen woorde kan regtig sê hoe dankbaar ons is dat julle ons dag ‘n SUPER sprokie gemaak het nie! Baie, baie dankie!”

 

Elsmarie & Buks

“Baie dankie vir ‘n heerlike funksie. Ek dink dit was ‘n groot sukses gewees.”

 

Denise Maré (Christening)

Ek wil graag vir julle by Candlewoods baie geluk wens met die wyse waarop julle Saterdag Corne se troue hanteer het. Dit was voorwaar puik diens, ‘n mens hoef op geen stadium bekommerd gewees het oor wat moet volgende gebeur nie, julle het alles onder beheer gehad.

 

Baie dankie vir jul vriendelikheid en hulpvaardigheid, mens kon julle enigiets vra en julle was altyd bereid om the help. Ek glo ‘n besigheid se sukses hang baie van sy personeel af. Julle besigheid gaan nog baie suksesvol wees want die personeel is puik, en die diens onverbeterlik!”

 

Christa Killian (Ma van Bruid Corne)

“Net ‘n briefie om baie dankie te sê vir al julle moeite en reelings om van die troue ‘n sukses te maak. Almal is beindruk deur die plek, die kos en sommer alles. Baie dankie – julle het alles vir ons makliker gemaak!”

 

Danita Ferreira (Ma van Bruid – Anel & Neels)

“Ek wil jul net komplimenteer met die Ferreira-troue. Ek het julle by die mense aanbeveel en almal was so tevrede met alles na die tyd. Dankie dat jul staatmakers was en dat alles so mooi volgens plan verloop het – net soos met ons troue.”

 

Frances Jooste

“The venue could not have been finer – from the décor to the food and the service of the staff – it was simply superb!”

 

Alyson Lea-Cox (Wedding guest – Kim & Jon)

CONTACT US

E-MAIL: venuemanager@candlewoods.co.za

Or fill in the contact form and we'll get back to you.

 

Terms and Conditions

Booking Confirmation Form

© COPYRIGHT 2017 CANDLEWOODS BOUTIQUE VENUE  | Eighty Three Design